Ware Liefde Read Count : 135

Category : Books-Fiction

Sub Category : Romance
HOOFSTUK EEN

Sy kan dit nie glo nie!
Haar oudste suster gaan trou.
Diena Steyn glimlag breed toe sy die foon neer sit.
"En as jy so pragtig glimlag?"hoor sy haar beste vriendin vra met 'n glimlag van haar eie.Wilmien Stegers bewonder haar tog so baie aan die swartkop meisie hier voor haar.Sy is regtig pragtig.Met  'n kort plomp figuurtjie en net sulke gras groen oe.Haar lang swart  hare pas regtig mooi by haar donker gelaatstreke.Sy is gemeng.Haar moeder is 'n bruin vroutjie met dieselfde voorkoms en haar vader 'n wit man.Die groen blik skitter behoortlik van blydskap.
"Mientjie my suster gaan trou!Kan jy dit glo?!"sy klap haar hande gelukkig saam en Wilmien raak net so bly vir haar."Ek is so bly vir haar!"
"Dis hoog tyd weet jy?Erika is al vir meer as 6 jaar 'n alleenloper.Ons almal het gedink sy gaan 'n oujongsnooi raak die dat sy geen belangstelling getoon het in die Adams geslag na haar eerste liefde haar so diep seer gemaak het"
Die pikante gesiggie van Diena trek op 'n plooi en sy gaan sit op die lang bank by Wilmien.
"Ja ek stem saam daar.Sy het haar als vir Robert gegee.En toe wat gaan staan en doen hy?Lol rond met al wat 'n rok dra.Sies!Die mislike vent."kom dit vies van die kort meisie af.Sy glimlag dan klein"Maar sy verdien geluk nie waar nie?Al is dit net 'n bietjie.Sy verdien dit.Kevin gaan mooi na haar kyk.Ek weet dit sommer.Hy gee haar als wat daai swaap nie vir haar kon gee nie.Aandag.Respek.Liefde.En hys nog lojaal teenoor haar.Hys die beste man vir haar."
Wilmien knip instemmend
"Dis waar hy is die beste man vir haar,"sy bly stil 'n oomblik en kyk dan vir Diena met 'n tergende vonkel in haar ligte bruin oe."So wanneer is dit jou beurt vriendin?"
Met groot ongelowige groen oe staar sy Wilmien aan.Jitte alweer?, wonder Diena.Haar ma het haar dieselfde vraag gister ook gevra na sy 'n draai daar gaan maak het.Hoekom hulle haar so vraag weet die Vader alleen.
Sy sug hard op.
"My suster is nou die belangrikste.Sy verg al my aandag nou.Ek kan nie sukkel met mansmense op hierdie belangrike maand nie.Buitendien is ek te jong vir sulke goed.Eks nou eers 23.Ek het geen haas nie.Ek wag geduldig vir ny Prins.Jy wat so besig is vertel my wanneer is dit jou beurt huh?"
Wilmien snork onvroulik
"Diena ek is veels te jonk vir sulke werelds se dinge.My tyd kom nog.Totdan geniet ek my vryheid pens en pootjies uit.Mansmense kan gou eers 'n bietjie wag"se sy knipogend
Dien gluur haar aan
"O dan kom vra jy my wanner is dit my beurt?"sy klap haar hande saam met 'n onvroulike lag"jy gan sien vroumens.Voor hierdie troue om is gaan jy 'n kerel raak loop.Vat my woorde kop toe suster!"
Wilmien rol haar oe en sug
"Jys lekker vervelig as jy tyd het neh?Man gaan se dit vir iemand wat regtig waarde heg aan jou woorde want ek doen nie.Jys gaans te voor op die wa jy!"
Diena giggel
"Mooi nou verstaan ons mekaar.Moenie weer vir my sulke onbenullighede vra nie.Want ek het nie 'n man juis nodig nie.Eks gelukkig en tevrede op my eie."se Diena bruuks.
Wimien stem daarmee saam.Sy voeg ook by dat mans net kom om 'n mens se stil en gemaklike lewe  kom verwoes met gladde woorde en duur geskenke.
Dis waar,dink Diena.Wat is ware liefde nou eintlik?Deesdae gaan dit net oor geld en status.Waars die liefde?Mans van hierdie kalieber vat vrou om hulle met geld gelukkig te hou.Dis omkoop daai!'n Mens kan nie liefde koop nie.Dit kom vanself.En as jy ware liefde tee kom is dit 'n bonus want dit is skaars en raar.As sy moet verlief moet dit voel asof alles in plek val.Daai vermiste deel van haar hart moet mooi in pas.Sy moet nie kan dink nie of kan asem kry elkekeer as sy na moet kyk nie.Ai sal dit ooit gebeur?Sy wag op daai liefde wat eg voel.Wat haar sal veilig laat voel.Wat haar sal laat voel asof sy elke dag sweef.Wat haar daardie gloei gee.Wat haar sal laat voel soos 'n Vrou.





Comments

  • No Comments
Log Out?

Are you sure you want to log out?