'n Stukkie Van My Siel Read Count : 89

Category : Poems

Sub Category : N/A
Ek verloor nog ń stukkie van my siel, die lewe in die stad het my so verniel.
Mense wat my oordeel, seermaak en pla. 
Gee my net vrede op die plaas, dis al wat ek vra. 
Ek wil die stad se liggies en besige strate ruil,
Vir ń stil veld met sterre wat bo my skyn, want dis iets wat my bekommernisse laat verdwyn. 
Vir een of ander rede, gee dit my altyd ń uitweg, om op te kyk na bo. 
Dit gee my hoop en motiveer my om aantehou glo. 
Vat my plaas toe. 
Daar waar ek my siel halfpad in die bos verloor het. 
Die einste plek waar ek my naam op ń klip geskryf het.
Soveel herinneringe daaraan gekoppel, soveel aande se "opkyk" gehad. 
En nou is ek terug in die stad... 
Vat my daar waar ek my siel verloor het op die plaas
-Carike Herbst

Comments

  • No Comments
Log Out?

Are you sure you want to log out?