Verlore Siel Read Count : 193

Category : Stories

Sub Category : YoungAdult
Die uitgepude vroulikefiguur met die lang swart hare staar van haar kombuisdeur na die sonsondergang, sy sien hoe die wolke ligrooi skyn. Haar skouers wat swaar voel met elke asemhaal. Haar oë  wat brand wat nie meer die wolke kan dophou nie asof dit saam haar skouers afgedwing word. Sakende vang haar oë die grond. Trane vorm in hare oë. Kan sy maar nie bo saam met die wolke gewees het nie, weg van als. Die wolke lyk so kalm en gelukkig. Die son loer tot donker. Haar hart oorvloei van pyn en n nat stroom vorm oor haar wange. Dis Vrydagaand en haar man is nog nie eens tuis nie. Sy weet dat hy nou al dronk is en dat hy enige oomblik sal terugkeer. Sy draai stadig om en loop hul slaapkamer binne. Sy gaan sit op die bed se punt en staar met doodstilte  na die klerekas. Haar trane rol soos die gevoel van moegheid, ongelukkigheid en hartseer oor haar kom. Die klank van n dronkmens buite skiet by haar deur, n persoon wat val en vloek. Haar hart wat weet dat dit haar man is. Sy hoor hom die deur oopstood en die slaapkamer binnedring. Hy kom skyns voor haar staan en sy sien hoe sy mond effens frons met sy voorkop wat diep voue maak, maar groet hom.Soos n skielike skiet skoot tref sy hand hard agter haar skouerblad wat  haar van die bed af voorentoe  laat struikel, wat haar kop teen die klerekas laat tref ,wat terselfdetyd n pyn deur haar skiet. Hy gluur haar woedend aan en gaan lê op die bed. Sy probeer haarself ophelp met haar hande wat bewe soos haar kop deur steke oorval word.  Na sukkel staan sy en  staar na hom terwyl hy praat, “Vrou fok uit, ek is moeg, ek wil slaap,” Sy weet dat sy hom nie nou mag pla nie anders slaan hy haar. Sy weet hy’t alweer die kosgeld uitgedrink. Sy loop stadig kombuis toe en haal die teepod af, waar sy skelm geld bêre wanneer sy kan. Sy loop moedeloos drankwinkel toe, sy weet dat hy die volgende oggend sal wil wyn soek. Sy kom moeg die huis binne en gaan sit om haar moegheid te sus. Sy maak haar oë toe terwyl sy vir n rukkie op die rusbak skynslê maar raak aan die slaap. Klankgolwe wat die sitkamer deurdring laat haar wakker skrik, “Vrou waar is jy? Waar’s my vrete?” Sy loop vinnig kombuis toe waar sy hom ete gelos het. Sy kom voor hom langs die bed staan en leun die bord na hom wat terselfdetyd bewe. Sy wonder of hy haar weer gaan slaan. Haar hart ruk soos sy skrik met haar liggaam wat vries. Sy maak haar oë bang oop en sien dat hy die bord teen die gordyne geklap het, “Moet ek die kak vreet? Dis gemors! Kan jy nie beter vrete maak nie? Jy’s fokken useless.”  Sy buk senuweeagtig af en tel die bordstukke op. Sy stemtoon dring haar ore deur, “Waar’s my fokken wyn?” “Ek kry dit”, sê sy met n bewerige stem. Sy sit die glas en die wyn voor hom neer.  “Gaan maak nou vir my ander vrete”. Met haar hart wat bang klop, “Daar’s nie genoeg nie, ek het nie baie geld gehad om iets te koop nie en…”  Sy hand tref haar wang wat haar vir n oomblik kopseer gee dat dit donker voor haar oë is.  “Hoe de fok kan daar nie vrete wil wees nie, ek werk dan vir hierdie fokken huis. Ek soek my vrete nou! Fokkof!”  Sy loop huilend kombuis toe en haal haar laaste vleis uit yskas wat sy vir die week gebêre het met bekommernis wat hul vir die week gaan eet. Sy staar oor haar kombuisdeur. Die Saterdagson skyn helder en kyk op haar horlosie, dis 14:33.  Hy’t haar laaste spaargeld gevat en geloop. Die wekker gaan die Maandagoggend af . Sy maak haar reg, sy weet dat hy nie Maandae werk nie asgevolg van oorvloed drank en loop 06:45 van die huis af. Sy bereik haar eienaar se huis. Sy weet dat die werk van n huisskoonmaker nie baie geld is nie, maar dis haar enigste oorlewing. Sy loop die huishekkie uit en kyk op haar arm, dis 16:00.  Sy voel hoe die moegheid oor haar kom. Sy’t heeldag wasgoed gewas en kos gemaak maar loop verder om by die uie-stoor te begin. Dis al manier hoe sy genoeg geld sal kry om vir hulle te sorg. Sy kom later die huis binne en gaan sit op die kombuisstoel wat vir n tydperk haar moegheid sus. Sy sien teen die muur, dis 21:00. Sy sug, staan op en begin hul kos voorberei. Hy lê op die bed, alweer dronk. Trane begin rol voor die houtstoof terwyl sy die pot roer. Sy voel alleen, hulle het nie eens kinders nie. Sy sit die stoof af en  gaan lê op die rusbank terwyl dit moet afkoel. Haar oë voel swaar en val toe. Die pyn maak haar wakker, wat voel hoe iemand haar hare trek, hy het sy hand om haar hare gedraai soos n knoop om n beter vashou plek te kry. n Pyn  skiet deur haar boud toe dit die vloer tref vanaf die rusbank. Hy sleep haar kombuis toe, “Kom! Jy fokken vrek mos terwyl ek moet vrek van die honger.”  Hy los  voor die stoof, “Bring my vrete” Sy staar na die vloer wat voor haar aangesig is wat deur haar trane natgemaak word. Daardie aand skrik sy wakker en besef n naar kol op haar maag. Sy kyk na hom wat met sy rug na haar le, en maak die kombers stadig oop en hou haar asem in vir nog stilte, sy loop stil badkamer toe en buk op haar kniëe voor die toilet toe die naarheid opkom. Sy loop die middag paaitjie af. Sy wag vir die uie-wae. Die horlosie wys dis 15:55. Teen 16:00 besluit sy eerder om dokter te sien en haar man nie te vertel aangesien hy woedend sou wees. Sy kom met n glimlag die aand huis toe. Vir n oomblik voel sy gelukkig. Die huis is stil en loop bewonderd deur die gang slaapkamer toe. Haar kop tref die muur en haar bene gee in. Sy kyk op, dis hy, “Jy fokken dros mos jou useless shit, hoe de fok moet ons oorleef as jy fokken draaie loop” Sy snak na haar asem toe sy skoen haar maag tref. Sy voel hoe die bloed by haar opkom. Na die derde skop voel sy hoe haar ribbers breek. Die oggend kon sy nie meer nie en kom huiwerig tot by hom. Haar stem voel heus maar probeer praat, “Kan ek maar dokter toe gaan, ek dink my ribbes is gebreek.” Hy gluur haar aan en draai sy rug na haar,“Ja fokkof! Moenie dink ek gaan vir jou betaal nie. Dis jou eie nalaatigheid.” Die middag kom sy spraakloos die huis binne. Sy gaan sit op die bed, staar na die klerekas. Hy is seker weer op straat met dobbel. Sy val agteroor op die bed, met haar liggaam wat voel dit gee oor aan als, kan nie meer nie,staar na die dak in haar slaapkamer, draai haar kop met nat kolle wat op die bed vorm. Sy’t haar baba verloor. Sy kyk weer na die dak, “Here help my asseblief! Ek wil nie meer die lewe ly nie, asseblief ek smeek U. Here ek voel alleen, ek's al kind, my ouers is al dood. Ek weet nie meer waarheen om te gaan nie. Help my asseblief”.............

Comments

  • No Comments
Log Out?

Are you sure you want to log out?