Heimee Op Die Eerste Aand Read Count : 152

Category : Stories

Sub Category : Drama
Die water klots teen die rotse vas voor dit ruisend oorborrel en op die see witskuim uitbars. 
Iewers in die verte, eenkant op die gladde rotse is n straatman opsiek na sy rykdom. Plastieksak en repe hemp sorgvuldig in sy hand neem besit van elke losprys. Op die strand sak hy ip sy knieë, buig hande saamgevou oor die sak in gebed. Hy is nie ryk nie, maar vanaand kan sy familie eet.
Rotsman, soos die ander inwoners hom gedoop het, het jare lank al vergeet wat sy naam is en waar hy vandaan kom. Elke dag dieselfde roetine het hom al laat vergeet dat daar sewe dae in n week is en dat jare al verbygevlieg het. Jare na daardie dag.
Daardie dag wat hy alles verloor het.
Strompelend van moeg stamp hy sy houthut se deur oop, keer die plastieksak se fonds op die lendelam tafel uit. "Kom vrou! Eks hier" ruk n vergete herinnering deur sy lyf. "So dis weer sulke tyd" prewel hy sag voor hy die laaste blik op sy vrou se gesig uit sy geestesoog wegdruk en die radio aanskakel.1
n Sagte reën begin buite val. Sagte druppels bedek die sinkdak van die verlate houthut wat Rotsman al bykans n dekade gelede opgerig het naby die plek waar sy hele lewe in duie gestort het.
Die seewind bring heimwee. So n spesiale liedjie al al sy lewe lank. Dat dit die liedjie moes wees wat daardie aand gespeel het en dat dit nou die liedjie moet wees wat vanaand saam met haar herinnering in sy kop moes opkom.
Sonder dat hy regtig honger is, sit hy die mossels in n pot en begin n sop prut. Dit sal vanaand doen saam met n gebotterde sny brood. Hy moet iets in sy lyf kry. More is weer n vroeë dag. Nog n dag. Nog n soektog. 
Ses maande swanger met hulle eerste kind het Rotsman en sy vrou op n laste seevakansie besluit voor die baba kom. Hulle eerste aand moes nooit hul laaste aand gewees het nie. Vroegaand was die mosselput al pruttend op die tweeplaatstoof. Die see was rowwer as gewoonlik, n teken van n storm wat kom. Na aandete het sy vrou voorgestelom n klein entjie op die strand te gaan stap, maar ongelukkig het Rotsman n paar besigheidsake gehad wat hy vinnig wou afhandel voor hy heeltemal kan ontspan. Sy het alleen gaan stap.
Hy het net die laptop toegedruk na die laaste transaksie toe die klop aan die deur weergalm deur die oopplan. Hy het dadelik geweet daar is fout. "Kom gou!" skree sê die polosieman. 
Hulle haas na naby geleë rotse. Die poliesieman soek verwaard en strompel na ander rotse. "Sy was hier! Waar is hulle nou?" skree hy amper. 
Rotsman kyk af na waar die polisieman nou kniel. n Groot plas rooi pienk skuim bars deur n poel bloed en op die rand van die rots glinster n goue kettingtjie. Sy hart krimp ineen van pyn toe hy dit optel en sy vrou se troupan glinster in die polisieman se flitslig.
Sy is weg. Iemand het haar seergemaak en nou is hulle net weg.
Die eindelose soektog het begin en twee dae later is haar liggaam teen rotse uitgespoel met n gapende wond aan haar buik. Die gesig wat hy nooit sal vergeet nie. 
Gerugte het begin loop van n reeksmoordenaar wat babas op sy manier keiser en die mammas in die see gaan dompel vir dood. Daar was ook sprake van al hoe meer weggooi babs in swak gesondheid by klinieke en kerke gevind word. 
Rotsman was ook daar vir DNA toetse sou daar dalk n baba daar afgegee word. 
Hy kan nooit weer teruggaan nie. "Wat as?" was die vraag wat hom al amper n dekade daar vasgekluister en gevangene hou.
En nou vanaand, na soveel jaar, onthou hy haar, sien hy haar, hoor hy haar weer. 
Hy skrik homself lam en keer n halwe pot mosselsop op die tafel om toe dawerende klop aan die houtdeur hom terugruk na die verlate eensame hut toe. Hy vlieg op, ruk die deur oop. Daar staan dieselfde polisieman as daardie aand. 
"Hallo oom" ruk sy oë na die man se hand waar n krulkop dogtertjie opstaan na hom met die oë van sy vrou.

Comments

  • No Comments
Log Out?

Are you sure you want to log out?